GROOT-BRAKRIVIER - Na aanleiding van 'n waarskuwing oor pille in tjipspakkies deur die polisie op Groot-Brakrivier uitgereik, het die Tuinroete Distriksmunisipaliteit (TDM) vanmiddag 'n verklaring uitgereik.
Volgens die verklaring is die TDM, die polisie, plaaslike munisipale wetstoepassers en ander rolspelers bewus van "insidente in die Groot Brak- en Friemersheim-omgewing waar vreemde voorwerpe/pille in 'chipspakkies' en ander produkte gevind is".
Die TDM sê ’n ondersoek is tans aan die gang om die feite rondom hierdie insidente te bepaal.
"Die TDM is toegewyd en verantwoordelik om te verseker dat voedsel wat aan die publiek verkoop word, veilig is vir verbruik."
Burgemeester Andrew Stroebel sê, “Ons verseker die publiek dat ons hierdie saak uiters ernstig opneem en onmiddellik alle amptenare ten volle van die situasie in kennis gestel het. Die veiligheid van die publiek, veral met betrekking tot gesondheid, sal prioriteit bly.”
Volgens die verklaring word blitsoperasies weekliks uitgerol, waarvan nog een more, Woensdag, 6 November sal plaasvind.
"Tydens hierdie sessies word verskeie informele voedselhandelaars besoek. Belanghebbendes wat deel vorm van hierdie operasies, sluit in die polisie, plaaslike munisipale wetstoepassers, en die Departement van Binnelandse Sake, onder andere."
Lede van die publiek word aangemoedig om hul naaste polisiestasie te kontak of direk uit te reik na die TDM se omgewingsgesondheidsdienste, indien hul op voedselprodukte afkom wat verdag lyk.
Sien die kontakbesonderhede hier onder:
Johan Compion – Senior Bestuurder: Munisipale Gesondheid, Vaste Afvalbestuur en Lugkwaliteitsbeheer
E-pos: jcompion@gardenroute.gov.za
Tel: 044 803 1550 / 082 803 5161
Desmond Paulse – Bestuurder: Munisipale Gesondheid – Klein Karoo
E-pos: desmond@gardenroute.gov.za
Tel: 044 272 2241 / Sel: 083 678 6530
St Johnstraat 94, Oudtshoorn
Rinay Cloete – Waarnemende Hoof: Munisipale Gesondheid, Mosselbaai
E-pos: rinay@gardenroute.gov.za
Tel: 044 693 0006 / Sel: 083 630 6108
Hoek van Sampson & MarlingStraat, Mosselbaai
Emmy Douglas – Hoof: Munisipale Gesondheid, George (Outeniqua)
E-pos: emmy@gardenroute.gov.za
Tel: 044 803 1537 / Sel: 078 457 2824
Missionstraat, Industriële gebied, George
Jessica Erasmus – Waarnemende Hoof: Munisipale Gesondheid, George (Wildernis)
E-pos: jessica@gardenroute.gov.za
Tel: 044 803 1522 / Sel: 081 346 3118
Missionstraat, Industriële Gebeid, George
James McCarthy – Hoof: Munisipale Gesondheid, Knysna (Meer)
E-pos: james@gardenroute.gov.za
Tel: 044 382 7214 / Sel: 082 805 9417
Queenstraat 26A, Knysna
Gawie Vos – Hoof: Munisipale Gesondheid, Bitou (Meer)
E-pos: Gjvos@gardenroute.gov.za
Tel: 044 501 1600 / Sel: 083 557 1522
Gibbstraat 7, Plettenbergbaai
Haemish Herwels – Hoof: Munisipale Gesondheid, Hessequa (Langeberg)
E-pos: haemish@gardenroute.gov.za
Tel: 028 713 2438 / Sel: 083 678 6545
Mitchellstraat 23, Riversdal
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’