MOTOR NUUS - Die Stilbaai-bewaringstrust het 14 padwaarskuwingsborde vir wild aan die dorp geskenk.
Cecile Louw, Wilmien van der Westhuizen, Hentie Schumann en Liezel de Vries-Strydom was teenwoordig toe die borde (deur Autacs Signs gedruk) in ontvangs geneem is. Steyns Hardeware het die pale teen korting aan die trust verskaf.
Volgens die dames is die doodry van inheemse diere op Hessequa se paaie altyd 'n probleem.
"Deur die publiek voortdurend te waarsku om op die uitkyk te wees vir bokke en skilpaaie wat die paaie kruis, word die kans op hul oorlewing binne 'n groeiende bevolking van mense verhoog. Hierdie projek is deel van die trust se doelwit om 'n balans tussen die mens en die natuur te handhaaf," sê Deon Begemann, ondervoorsitter van die trust.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'