Die skerp windjie het die koue aangevuur, maar daarvoor was daar net een soort medisyne: adrenalien - 4x4 adrenalien. En daaraan was daar geen tekort nie met volop aksie in al vier klasse het die bestuurders, baanbeamptes en toeskouers laat kraai van lekkerte.
Uniondale se baan, wat 'n reputasie het dat dit nie baie "voertuigvriendelik" is nie, het sy tol geëis. Die talle hindernisse was uitdagend en het die toeskouers vasgenael gehou. Christie de Kock het gewys dat hy nie terugstaan vir 'n moeilike hindernis nie al het hy twee keer in dieselfde hindernis sy voertuig omgedop, Hy het die rol-van-die-dag-trofee welverdiend ingepalm.
In die ekstreemklas was dit naelskraap tot op die laaste oomblikke met Pierre Joubert uiteindelik die wenner. André du Plessis was die tweede plek en PW Pretorius derde.
Etienne Jacobs het met 'n kortkop voor Ron Homan in die eerste plek in die gemodifiseerde klas geëindig. Homas is ook as bestuurder-van-die-dag aangewys met Quintin van der Westhuizen in die derde plek.
In die standard-gemodifiseerde klas het Lindi Grobler die manne bekommerd gehad met die punte verskil baie na-aan mekaar. Francois Dorfling was hier die eerste met Johan Vogel tweede en Burt van der Walt derde.
In die standaardklas was dit die mans teen die dames en die klein voertuie teen die groottes. na 'n hele paar benoude oom-blikke kon Gerrit Buitendag met die eerste plek wegstap. Alecia van der Merwe, wat 'n agterwiel in 'n hindernis verloor het, was tweede plek en Anthea Fourie derde. Al drie bestuurders het Suzuki's bestuur.
Daniel Hendriks het sy trofee vir die baanbeampte van die dag verdien.
Die breek-van-die-dag-trofee is gesament-lik deur die Van der Merwe-familie, beter bekend as "Thunder Merwe," gewen.
Vir enige verdere inligting skakel vir Etienne 082 558 7037 of Francois 081 362 8525.
Francois Dorfling het met vernuftige rywerk die eerste plek in die standard-gemodifiseerde klas ingeneem.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete | Klein-Karoo nuus'