MOSSELBAAI NUUS - Kersfees is dikwels ‘n tyderk wanneer mense hul harte oopmaak vir hul medemens en deel waar hulle kan.
Op Ruiterbos en Groot-Brakrivier het dit juis só gegaan.
Op Sondag 22 Desember het Ruiterbos se interkerklike organisasie kersgeskenkies aan al hul kinders en senior burgers in dié area uitgedeel.
Dit wat oorgebly het, het hulle in Volmoed gaan uitdeel.
Dancel Josephs, een van die betrokkenes, het elke persoon wat ‘n skenking gemaak het, vir hul bydraes bedank.
Op Groot Brak het drie vroue - Jemaima Adams, Vedra Botha en Liezel Rabie - dieselfde vir kinders in dié area gedoen.
Hulle sê dit was maar net om elkeen spesiaal te laat voel en beplan om weer volgende jaar ‘n soortgelyke projek aan te pak. Nagenoeg honderd kinders het hierby gebaat.
Vedra Botha en Jemaima Adams saam met twee kinders op Groot Brak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’