Gallery
MOSSELBAAI NUUS - 'n Groep vroue van die Twee Kuilen behuising kompleks in Diaz, het besluit om uit te reik na verskeie organisasies en die gemeenskap.
Dié groep staan bekend as die Creative Bears.
FOTOGALERY: Liefde in aksie met skenkings
Die vroue kom elke Maandag bymekaar om te hekel en te brei, voorraad te koördineer en beplanning vir die verspreiding daarvan te bespreek.
Van die produkte wat gemaak word, word geskenk aan Mosselbaai Provinsiale Hospitaal se maatskaplike dienste vir onder meer verkragting slagoffers. Die pakkies bevat eetgoed en toiletware, asook 'n gebreide of gehekelde speelding vir die kinderslagoffers.
Die vroue het kontak gemaak met die werknemer wat die hospitaal se maatskaplike dienste hanteer. Sy het hulle gaan vertel van uitdagings waarmee die diens daagliks stoei en dit was vir die Creative Bears 'n openbaring.
KANSA Oudtshoorn het ook 'n houer vir Creative Bears wat op pad is, met handskoene en mussies in, asook speelgoed en sopmengsel bottels vir behoeftige gemeenskappe geskenk.
Die Creative Bears het ook betrokke geraak by Maggie Nguta in Gentswanarylaan in KwaNonqaba, wat gestremde mense versorg.
Vir Maggie het hulle gordyne, linne en kombuisgereedskap geskenk. Gevriesde sop, kos items en warm klere word ook op 'n gereelde basis by haar afgelewer.
"Ons daag dus hiermee alle ander komplekse en selfs ander dorpe uit om ook op só 'n wyse betrokke te raak by die gemeenskap," het die Creative Bears gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’