MOSSELBAAI NUUS - Vroue getooi in hulle allerbeste het Saterdag heerlik saamgekuier by die Diaz Strand Hotel onder die tema, Being Whole. Body, spirit, soul.
Verskeie gassprekers het opgetree onder meer die aktrise Vicky Kente. Kente is nie net 'n bekende aktrise nie, maar ook vervaardiger en entrepreneur.
Sy speel die rol van Ntombi Mabunda in die Mzansi Magic sitcom, The Mayor. Kente is die ma van vier kinders en 'n enkelouer. Sy het gesels oor identiteit en om te weet en te erken wie jy in Christus Jesus is.
Amanda Joubert, landdros van die munisipale hof op George en ma van vier, het die vroue vertel hoe 'n heel moeder, heel kinders kan grootmaak. Sy het die vroue aangemoedig om hulle dogters te beskerm ten einde hulle heel te hou vir hulle uiteindelike eggenote. Joubert het ook uitgewei oor die pa-en-kind-verhouding.
Claire du Plessis, bekende opvoedkundige van die Wes-Kaap onderwysdepartement het gepraat oor 'n ma se gesondheid en selfliefde, hoe om steeds aantreklik te bly vir jou man nadat jy die nuwe rol van mawees ingeneem het.
Die 50 vroue wat die geleentheid bygewoon het is besiel en geïnspireer tydens die byeenkoms en het boonop 'n heerlike bederfpakkie gekry.
Berenice Kogana saam met aktrise, entrepreneur Vickey Kente by 'n Moedersdagfunksie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'