Volgens een van die nooddienspersoneel, ambulansman Earl Williams, blyk dit dat die vrou frakture in beide haar bene opgedoen. Volgens omstanders het die vrou nie die aankomende minibus taxi opgemerk nie en het voor dit beland. Dit taxi het haar raakgery.
Verkeer het etlike meter in beide rigtings opgedam terwyl nooddienspersoneel die slagoffer behandel het. Sy is uiteindelik met die Metro-ambulansdiens na die Mosselbaai Provinsiale hospitaal afgevoer.