MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaier, Irene Schoeman het in 1998, vanweë haar behoefte om soepel te bly, 'n oefengroep genaamd Vrolike Vroue gestig. Vandag, 24 jaar later is hierdie groep vroue van alle ouderdomme steeds besig om die lyf soepel te hou.
"Ek was vir 13 jaar 'n provinsiale gholfer in die Vrystaat en later, ook vir die Suid-Kaap. Ek het dus 'n rede gehad om soepel te bly. Ek speel nog steeds sosiale gholf," verduidelik Schoeman.
Tans is daar 24 vroue by die Vrolike Vroue-oefengroep. Hulle oefen getrou elke Maandag en Woensdag by die ATKV-museum in Hartenbos.
Met haar assistent, Ronel Gouws werk hulle lekker saam om variëteit in te bring.
Die sessies behels strekoefeninge, herhalings, gewigte en rekke, asook 'nkombinasie van als wat mens soepel hou.
"Ons oefen nie net nie, maar is daar om elkeen te ondersteun," sê Schoeman.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'