Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - 'n Vragmotor het vroeër vanaand op die N2 duskant die Gouritsrivier se brug in die rigting van Mosselbaai omgeslaan.
Die voorval het na bewering kort voor die Cooper-afrit plaasgevind.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Mossel Bay Advertiser het navrae aan die polisie gestuur.
Dit is nie tans bekend of daar enige beserings is nie.
Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’