Update
MOSSELBAAI NUUS - ’n Voormalige onderwyser van Laerskool Park het vanoggend vlugtig in die Mosselbaai-streekhof op aanklagte van seksuele misdrywe verskyn.
Die aanklagte hou verband met dade wat hy na bewering met minderjarige kinders gepleeg het.
Dit sluit onder meer seksuele aanranding en aanvoring in.
Die beweerde dade het tussen 2019 en 2020 by verskeie plekke in Mosselbaai plaasgevind.
Die 44-jarige verdagte is tans uit op borgtog.
Sy verhoor sou vandag, 19 Januarie, begin het nadat pleitonderhandelinge tussen die staat en sy regspan in Maart verlede jaar onsuksesvol was.
Die staat en die verdediging het egter vandag aan die hof gesê die verdagte gaan inderdaad voortgaan om te pleit, en dat die verhoor dus eers van die baan is.
Die saak is uitgestel na môre, Dinsdag 20 Januarie, vir die formele pleitooreenkoms.
Die verdagte se identiteit mag volgens die mediawet eers bekendgemaak word nadat hy in die hof op die aanklagte teen hom gepleit het.
Vorige artikels:
- Onderwyser voer onder meer gesondheidsredes aan vir borgaansoek
- Slegs media mag onderwyser se borgaansoek bywoon
- Landdros siek, onderwyser se borgaansoek weer uitgestel
- Onderwyser vanoggend in hof
- Onderwyser se borgaansoek uitgestel
- Onderwys departement loods ondersoek na onderwyser se inhegtenisname
- Onderwyser bly in aanhouding tot borgaansoek
- Onnie vas vir beweerde verkragting
- Laerskool onderwyser vandag in hof
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’