MOSSELBAAI NUUS - Trellidor se Johan Kemp het aan die einde van 2022 gesê hy wil elke maand 'n bydrae maak tot die Boggomsbaai-gholfklub se vleisdag. Hul kantoor is in George, maar hulle bedien die hele Suid-Kaaparea en die Boggomsbaaiers is baie dankbaar vir die groot toevoeging tot hul vleispryse wat hulle elke maand kan wen.
Daar is ook 'n lekker bottel whisky wat elke maand met 'n gelukstrekking gewen kan word.
Dit is nog 'n groot rede om te kom deelneem. Baie dankie, Johan, vir jou belangstelling in ons gholfklub.
Uitslae
Aan die einde van Januarie het Johan self saam met Henk Pienaar die Beterbalkompetisie met 48 houe gewen. Andries van Schalkwyk en Flaps Winterbach was tweede met 46 houe en André Beukes en Tannah Harris derde ook met 46.
Februarie se vleispryse is gewen deur Ernest Roux met 40 in die IPS-kompetisie, gevolg deur John van Rensburg met 39 en Flaps Winterbach derde ook met 39.
Beginnersdag
Op Saterdag, 18 Maart hou die Boggomsbaai-gholfklub 'n beginnersdag. As jy 'n toetrede tot gholf wil maak, kontak Ernest Roux (082 469 9241). Jy kan ook inskryf saam met 'n gholfspeler wat reeds 'n voorgee het en die dag kom saamspeel.
Wenners van die vleisdag in Januarie is Johan Kemp (Trellidor) en Henk Pienaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'