MOSSELBAAI NUUS - Op Woensdag, 16 Januarie is die lewe van Meyer Terblanche, 'n personneellid van Sea Harvest Corporation (Pty) Ltd Viking Fishing Division op Mosselbaai kortgeknip toe die vragmotor wat hy bestuur het anderkant Albertinia in 'n botsing betrokke was.
Personeel van Viking het hulde aan 'n gewaardeerde kollega gebring deur 'n huldigingsdiens, gevolg deur 'n seremonie op die kaai. Meyer sou sy 67ste verjaardag twee dae na die ongeluk gevier het. Hy laat sy broer en vriendin /lewensmaat, Estelle Farmer na. Hy was van Uitbreiding 8, Mosselbaai.
Meyer het 14 jaar lank vir Viking Inshore Fishing as algemene werker/ bestuurder gewerk, voordat hy in 2017 besluit het om af te tree.
Tog kon hy ook nie vir lank wegbly nie en het in September 2018 hom weer by die maatskappy as aflosbestuurder aangesluit.
Personeel van Viking Fishing betoon 'n laaste eer aan hul gestorwe kollega.
Lees 'n verwante artikel: N2 accident update
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'