MOSSELBAAI NUUS - 'n Weldoener het gister (Donderdag, 17 Augustus) 'n hond wat in 'n bol doringdraad verstrengel was in Koraalstraat, Heiderand, gered.
Die weldoener, 'n wykskomiteelid van Wyk 8, maan die eienaars dat daar steeds van die draad aan die hond se been is wat sy nie kon verwyder nie omdat die hond so gou ontvlug het na sy dit bevry het.
Troeteldiereienaars word weer gemaan om hul diere te alle tye veilig in hul eie erf te hou om te voorkom dat hulle die niksvermoedende slagoffers van omstandighede word waaraan hulle nie self kan ontsnap nie.
Die weldoener, 'n ouer dame, sê dit was ontstellend dat niemand anders die hond te hulp gesnel het nie, ondanks verskeie mense wat verby gery het.
Die hond se agterbeen was baie ooglopend in die draadbol verstrengel.
ARTIKEL; NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'