Update
ALBERTINIA NUUS - ‘n 53-jarige verdagte wat vermoedelik verbind kan word met die moord op die negejarige Jacorene Vaaltyn en die tienjarige Sharon Arries van Albertinia is gistermiddag in hegtenis geneem.
Die twee liggame van die meisies is Donderdagaand, 22 September by die woning van die verdagte in Jan Fiskaalstraat op Albertinia ontdek.
Polisiewoordvoerder Kaptein Malcolm Pojie sê die grusame ontdekking is om ongeveer 18:30 gemaak enkele ure nadat die twee meisies as vermis aangemeld is.
Pojie sê die liggaam van die een slagoffer is onder ‘n bed gevind en die ander liggaam in ‘n blou plastiekdrom. Beide liggame was met lakens toegedraai.
Links is Jacorene Vaaltyn en regs is Sharon Arries.
‘n Nadoodse ondersoek is gister op die oorledenes in George gedoen. Beide slagoffers is weens versmoring dood en daar was glo sand in elk se lugweg. Die meisies is vermoedelik gelyktydig vermoor.
Volgens Pojie is daar geen sigbare tekens van seksuele geweld nie.
Die verdagte bly in aanhouding en sal Maandag in die Riversdal-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.
Vorige artikels
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'