Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Dertigjarige man het vanoggend op Dinsdag, 31 Januarie vlugtig in die Groot-Brakrivier-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van die moord en verkragting van die 16-jarige Jamie Lee Julius.
Die verdagte, Johan Counter is kort nadat Jamie Lee se liggaam deur haar 20-jarige suster op Sondag, 29 Januarie langs ‘n watertenk op die plaas Vadersgawe naby Friemersheim ontdek is, deur die polisie op Groot-Brakrivier in hegtenis geneem.
Counter het in Friemersheim gewoon en was op ‘n plaas in die omgewing werksaam. Hy is oorspronklik van Noupoort.
Jamie Lee is gewurg en verkrag op Saterdagaand, 28 Januarie.
Counter het vlugtig in die hof verskyn en bly in aanhouding tot sy volgende verskyning op 14 Februarie.
Vorige artikels:
- Tiener wat verkrag en vermoor is se naam bekend gemaak
- Tiener naby Groot-Brakrivier verkrag en vermoor
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'