Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Vroeg in Januarie het ‘n groep van 36 voertuie aan die Vastrap-klub se eerste 4x4 roete vir 2023 deelgeneem. Die voertuie het by die Engen N2 ontmoet en vandaar na die Roggeland plaas gery vir 'n heerlike pretdag vir bestuurders en toeskouers.
Voertuie van verskillende groottes het deelgeneem, van 'n kleiner Suzuki Jimny tot 'n massiewe Ford F2 54.
FOTOGALERY: Pret in Roggeland plaas
Die 4x4 roete het begin met 'n baie mooi klimroete met sand en rotse wat die bestuurders se tegniese vaardighede en bestuurvermoëns taamlik getoets het. Ná die roete het die regte pret begin met 'n sanderige
speel-area met massiewe klimme en tegniese aspekte waar 'n paar bestuurders moes vra vir advies en luister na raad om dié uitdagende bulte te bemeester. Die toeskouers het die soms senutergende aksies van die voertuie luid aangemoedig en waardering getoon vir goeie bestuursvernuf.
Kontak Kobus op 076 397 9720 vir meer inligting oor die volgende Vastrap-klub roete.
VERSKAFDE VIDEO:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'