Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Groep valskermsoldate wat in 1975 in Angola geveg het, het saam met verskeie ander veterane van die Angolese oorlog die afgelope naweek hier in Mosselbaai 'n reünie gehou.
Oud-soldate het van sover as die VSA, Namibië en oral oor Suid-Afrika gekom vir die geleentheid.
Volgens Tom Viljoen was die drie dae tussen 5 en 7 Mei 'n groot sukses ten spyte van die weer wat Saterdag die planne effens laat verander het.
FOTOGALERY: 1975 Valskermsoldate hou reünie
Verskeie aktiwiteite vir die naweek is beplan onder andere 'n gholfdag wat Vrydag gehou is. Donderdagaand, 5 Mei is die reünie afgeskop met 'n braai en lekker kuier by die Mosselbaai lughawe.
Meer as 30 soldate tussen die ouderdomme van 63 en 67 jaar oud wat as jong manne in die weermag was tydens hul diensplig en die oorlog in Angola, het staaltjies uit dié tye met mekaar gedeel.
Die groep was deel van operasie Sausage en Savanna onder kol Jan Breytenbach.
Hulle het voor die stigting van 32 bataljon saam met soldate van die National Union for the Total Independence of Angola (UNITA) en National Front for the Liberation of Angola (FNLA) geveg.
Breytenbach kon ongelukkig nie die reünie bywoon nie maar gen Paul Lombaard was teenwoordig. Hy was destyds Jonas Savimbi se skakeloffisier.
Die gholfdag by Dolphin's Creek Club in Groot-Brakrivier was 'n groot sukses en die manne wat nie gespeel het nie het saamgekuier.
'n Parade wat Saterdagoggend sou plaasvind is vervang met ontbyt by Santos Express Train Lodge en 'n oorhandiging. Die res van die Saterdag is daar lekker gekuier en gesels oor die tyd in Angola.
VIDEO - 1975 Valskermsoldate hou reünie (Video: Jannie du Plessis)
Valskermsoldate wat in Angola geveg het saam met verskeie ander veterane by die reünie se eerste braai en kuierdag by die Mosselbaai-lughawe. Fotos: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'