Update Video
GROOT BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - Raadslid Anton Dellemijn en uitvoerende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé het Woensdag, 15 Desember die gemeenskap in Groot-Brakrivier toegespreek waar van die inwoners uitsettingsbevele ontvang het om hul huise te ontruim.
Dit volg nadat swaar reën die afgelope tyd die grond waarop die huise staan onstabiel gemaak het.
Van die huise het reeds struktuurskade opgedoen en is onveilig vir bewoning. Ses inwoners is reeds aangesê om hul huise te ontruim.
Kotzé se boodskap in kort was dat die munisipaliteit nie in beheer van die behuising is nie, maar dat dit onder die distriks- en provinsiale owerhede resorteer.
Volgens Kotze, sal die munisipaliteit, in samewerking met die gemeenskap, egter alles in hul vermoë doen om die uitgesette inwoners te akommodeer. Kotzé het gesê hy gaan die kwessie dadelik met die betrokkenes aanspreek.
Na die vergadering het Dellemijn en Kotzé self gaan kyk in watter toestand die huise is. ‘n Paar voorstelle is nou ter tafel gelê en terugvoering sal binnekort gegee word.
VIDEO: Huislose inwoners kry nuwe hoop
Vorige artikel: Een dag om huise te ontruim
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'