Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - Die NSRI het die afgelope week twee mans vanaf skepe in Mosselbaai waters te hulp gesnel. Beide is weens mediese redes gered.
Tydens die eerste voorval op Donderdag, 11 Julie om ongeveer 20:00 is ‘n 54-jarige Filippynse seevaarder vanaf ‘n vragskip gehelp en na ‘n plaaslike hospitaal geneem.
Die vragskip was ten tye van die voorval ongeveer 84 seemyl vanaf Mosselbaai op pad na Kaapstad.
Die NSRI het teen Vrydagoggend om ongeveer 07:00 Mosselbaai se kus met die siek bemanningslid bereik.
Tydens ‘n tweede voorval op Vrydag, 12 Julie om ongeveer 01:24 is die NSRI weer ontbied nadat ‘n 49-jarige Siriese man op ‘n vragskip beseer is.
Die vragskip was in die diepsee en onderweg na Kaapstad.
Die oorsaak en omstandighede van die man se besering is nie bekend nie. Hy is in ‘n ernstige, maar stabiele toestand na ‘n hospitaal op Mosselbaai geneem.
'n Man is vanaf hierdie vragskip deur die NSRI gehelp. Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’