MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-tuinbouklub het hul jaareindfunksie gehou by die pragtige Gourikwa-natuurreservaat buite Gouritsmond. Die tema was Wilde Weste en daarom het die vroue ook sommer meer oor lyndanse geleer.
Margaret Goods en Yvonne Murphy het die demonstrasie waargeneem.
'n Nuwe komitee is verkies, bestaande uit Linda Klein, Lorraine Grassow, Hannie Dry, Thora van der Merwe, Amanda Brümmer, Marie Lofti-Eaton, Rene Louw, Karien Butler en dan nuut op die komitee, is Vlam van Deventer.
Gelukstrekkings is gewen deur Charmaine van Wyk, Susan Kroon en Louise Hough. Na die tyd het die lede die pragtige natuurskoon van Gourikwa geniet en langs die see gaan stap.
"Hierdie is 'n juweel in ons area wat defnitief die moeite werd is om te besoek."
Die tuinbouklub se algemene jaarvergadering word gehou op Donderdag, 13 Februarie om 09:30 op die pragplaas Belvedere van Chappie en Marietjie Gertenbach op Brandwag.
Vir verdere inligting, kontak Thora (044 698 2072).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'