Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Triumph Motorklub in Suid-Afrika se suidelike area het die naweek hul 100ste bestaansjaar gevier.
Sowat 30 Triumph motors het Sondag, 19 Maart die getal 100 gevorm by die ATKV-oord op Hartenbos, ter herdenking van dié mylpaal.
Van die gesogte motors het sover as Durban, Langebaan, Kaapstad en Port Elizabeth gekom.
Daar is ook motors van plaaslike entoesiaste en een van so ver as Malawi wat aan die herdenking deelneem.
Die motors ry 15:00 vanmiddag vanaf Hartenbos na die Punt in Mosselbaai en gaan 'n wyle daar vertoef. Maandag, 20 Maart gaan die motors te sien wees op die roete na Friemersheim en terug.
VIDEO: Triumph klub spog met 100 jaar
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'