MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se Saints-raakrugbyspan het tydens die Hot Summer of Touch-toernooi in Hermanus reeds kwalifiseer vir die die Pro-kompetisie in 2020.
Volgens die kaptein van die span, Macdelin Saayman, is dit die beste wat die span in die afgelope drie jaar in die toernooi gevaar het.
“Aan ons ondersteuners uit Mosselbaai en Suid-Kaap, dankie vir die talle boodskappe van ondersteuning. Die manne kan nie wag om op Stillbaai voor hul tuisskare te speel nie in die toernooi wat op 26 Desember begin nie,” meen die spanbestuurder, Dawid Kamfer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'