Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het op Maandag, 20 Junie die toegangsroete na die landdroshof vir verkeer gesluit.
Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé sê ondanks herhaalde versoeke om die bestaande toegang op die pad te sluit kon die munisipaliteit nog nie formele goedkeuring daarvoor bekom nie.
Die munisipaliteit het dus besluit om die pad waar dit munispale grond kruis te sluit.
"Worsboomstraat suid van die Heiderand Mall is reeds in 2019 verleng om aan te sluit by die westekant van die begraafplaas. Hierdie opgradering is juis gedoen om 'n alternatiewe roete na die hofkompleks te skep."
Meer as 120 motorfietsryers het op Saterdag, 11 Junie aan 'n optog deelgeneem waartydens 'n getekende petisie by die Punt aan die burgemeester oorhandig is.
Die optog het onder leiding van die Ulysses-motorfietsklub en Mosselbaaier, Peggy Roux plaasgevind.
Die petisie volg na 'n ongeluk op Louis Fourieweg waartydens 'n leerder van Hoërskool Punt, Nicci da Silva (18) op 4 Mei dood is toe sy met haar motorfiets teen haar broer se motorfiets voor die ingang na die Mosselbaai-landdroshof gebots het.
Die Mosselbaai-munisipaliteit het na aanleiding hiervan die toegangsroete gesluit.
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'