Update
MOSSELBAAI NUUS - Drie taxibestuurders wat vanoggend, op 1 Maart in die Mosselbaai-landdroshof verskyn het op aanklagte wat verband hou met openbare geweld op Louis Fourieweg op Vrydag, 26 Februarie, is op borgtog vrygelaat.
Een van die verdagtes, ‘n 31-jarige man, het ook op ‘n aanklag van poging tot moord verskyn omdat hy na bewering deur ‘n padversperring gejaag het en amper ‘n polisiebeampte raakgery het.
Intussen is Louis Fourieweg oop vir verkeer nadat die pad vanoggend versper is.
Taxiverenigings het vanoggend geen dienste aan inwoners op Mosselbaai gelewer nie, uit ondersteuning vir die verdagtes wat in hegtenis geneem is.
Vorige artikels:
- Drie vandag in hof na taxi-geweld
- Taxis have blocked Louis Fourie road at the Crotz Street intersection
- Taxi association Chairmen confirms No taxis
- No taxis tomorrow
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'