MOSSELBAAI NUUS - Tydens 'n spesiale raadsvergadering op Maandag, 7 Desember, het die Mosselbaai Munisipaliteit besluit dat strenger maatreëls moet geld om die verspreiding van die Covid-19 pandemie in die groter Mosselbaai te voorkom.
Die volgende addisionele maatreëls is in die munisipale Mosselbaai-gebied van krag vanaf 8 Desember 2020 en tot verdere kennisgewing, ter ondersteuning van die Rampbestuurswet betreffende die beheer van Covid -19:
• Alle openbare biblioteke word vir die publiek gesluit.
• Alle gemeenskapsale word vir die publiek gesluit.
• Alle munisipale sportfasiliteite word vir die publiek gesluit, buiten fasiliteite wat deur die onderskeie sportklubs of organisasies soos gholf, rolbal, jukskei en tennis gehuur, bestuur en onderhou word.
• Geen sportbyeenkomste word op munisipale sportfasiliteite toegelaat nie. Die bestuurslui van die fasiliteite wat deur die verskillende sportklubs/ organisasies gehuur word, moet streng by die tersaaklike inperkingsregulasies hou.
• Geen georganiseerde sportaktiwiteite of ander geleenthede mag op die plaaslike strande gehou of gereël word nie.
• Streng toegangsbeheer sal by die munisipale kantore geld. Die publiek sal slegs die munisipale kantore kan besoek vir transaksies by die frontlinie-kantore, onder meer
- die kassiere;
- die indiening van bouplanne;
- die registrasie en lisensiëring van motorvoertuie en die hernuwing daarvan, en
ander noodsaaklike dienste.
• Geen openbare optogte word toegelaat nie.
• Die munisipale bestuurder, advokaat Thys Giliomee, is gedelegeerde magte gegee om na goeddunke aansoeke vir enige van die aktiwiteite hierbo genoem, goed te keur.
• Die verkoop van drank is onderhewig aan die nasionale inperkingsregulasies ingevolge die Wet op Rampbestuur betreffende die Covid-19 pandemie.
• Verder het die Munisipale Bestuurder, in oorleg met die Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Harry Levendal gedelegeerde bevoegdhede om addisionele maatreëls te implementeer of te wysig om die Covid-19 pandemie hok te slaan.
• Streng nakoming van alle begrafnisprotokolle in terme van die Covid-19 regulasies, soos gewysig, word vereis.
• Die inwoners van, en besoekers aan ons pragtige dorp en omgewing moet streng voldoen aan die Covid-19 regulasies, soos gewysig.
Die jongste terugvoer vandag vanaf die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement dui op die volgende:
• Die totale aantal aktiewe gevalle in die distrik is 18 406. ('n Week gelede was dit 16 197);
• Dit is 'n toename van 2 209 positiewe gevalle. Verlede week was die toename 2 443. Alhoewel baie klein, is dit 'n welkome afname in nuwe aktiewe gevalle;
• Daar was 'n algehele toename van 6% in die distriksgevalle gedurende die afgelope sewe dae vergeleke met 7-14 dae gelede;
• Daar is welkome afname gesien vir beide George en Knysna;
• Daar is nou 659 aktiewe gevalle per 100 000 in die distrik. ('n Week gelede was dit 594). Dit is beduidend hoër as die provinsiale totaal van 203.
• Daar is nou altesaam 568 COVID-19-sterftes in die distrik. Die meeste van hierdie pasiënte het ko-morbiditeite. Die Departement van Gesondheid is besig om die aard van die toename te ondersoek.
• Mosselbaai: 102 sake is die afgelope naweek geregistreer; terwyl Asla Park 'n fokuspunt is, bly die verspreiding lukraak;
• Die Mosselbaai-hospitaal begin ook nou besig raak;
• Privaat hospitale is steeds baie besig;
Mosselbaai Munisipaliteit doen 'n beroep op ons gemeenskap om aan al die voorkomende maatreëls te voldoen. Om te verseker dat ons ons plaaslike ekonomie kan ondersteun en ons plaaslike ondernemings kan oophou, word u versoek om asseblief;
- Gesigmaskers deurgaans korrek dra,
- ' n veilige sosiale afstand te handhaaf,
- 'n samedromming van mense te vermy,
- u hande gereeld te was of te ontsmet, en
- in klein groepe te onthaal, verkieslik buitenshuis, of te vra dat die vensters en deure van lokale wel oopgehou moet word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'