MOSSELBAAI NUUS - Klein Stehan Knuppe het onlangs sy sewende verjaarsdag gevier.
Sy eintlike geboortedag was nou wel 19 November, maar hy kon op Vrydag, 15 November, heerlik saam met sy skoolmaatjies sommer ook die dag vier.
Stehan het die afgelope paar maande diep in die gemeenskap se harte ingekruip tydens sy kankerstryd. Sy ma, Cornel, hou almal wat omgee gereeld op hoogte van sy vordering.
Hy het 'n ruk gelede 'n beenmurgoorplanting gekry.
"Dit gaan regtig goed, met ons kabouter. Dankie weer eens vir almal se liefde.
"Ons pad is nog nie verby nie, maar as ek terug kyk tot waar ons nou is, is dit met ongelooflike dankbaarheid. Baie liefde vir julle almal."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’