GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Werknemers van die Watson-skoenfabriek op Groot-Brakrivier het op Maandag, 16 Julie steeds gestaak.
Lees 'n vorige artikel: Skoenfabriek se werkers staak
Dit is die tweede week van 'n landswye staking by skoenfabrieke waaraan 90% werknemers deelneem.
Volgens Eben Delport van die vakbond Nulaw hou die staking ook verband met die uitbreiding van die gesinsverantwoordelikheidsvoordele vir die werknemers se gesinne.
"Tans is vakbonde se versoek 'n 9.5% verhoging en die werkgewers bied 6.25% aan."
Volgens sekretaris-generaal van Nulaw, Ashley Benjamin het onderhandelinge 'n dooiepunt bereik. Benjamin het stakende werknemers van die Watson-skoenfabriek op Maandag, 16 Julie vroegoggend toegespreek. "Die werknemers staan steeds sterk en sal voortgaan om te staak. Daar is wel verwikkelinge en ons mag dalk eersdaags 'n vergadering met verskillende partye in Durban hou om tot 'n moontlike ooreenkoms te kom."
Benjamin sê die staking is vreedsaam.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'