MOSSELBAAI NUUS - 'n Spoednetwerk-geleentheid word op Dinsdag, 14 Februarie by ACVV Kenani in Mosselbaai aangebied.
Helpende Hand nooi alle NPO's, maatskaplike organisasies, kerke, sielkundiges, terapeute, lewensafrigters en belangstellendes op hierdie gebiede uit na 'n "volmaak-sessie".
Dr Shanie Boshoff van GroPotential is die gasspreker tydens die geleentheid om jou tenk "vol te maak" vir die jaar wat voorlê.
Dr Boshoff het grondige kennis in die maatskaplike veld en was voorheen uitvoerende hoof van die ACVV.
Belangstellendes kan op Quicket registreer teen R100 per persoon. Die eerste 10 registrasies kry elk 'n gratis bemarkingstafel. Ligte verversings sal bedien word.
Kontak Marlise Labuschagne by marlise@helpendehand.co.za vir verdere inligting.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'