MOSSELBAAI NUUS - Op 18 Julie vier ons Mandeladag, 'n wêreldwye inisiatief wat vrywilligers aanspoor om vir 67 minute lank liefdadigheidswerk in enige vorm te doen.
Hoekom spandeer jy nie jou 67 minute by die DBV-Mosselbaai?
"Kom plant 'n plantjie of 'n blommetjie by ons ingang om ons DBV te verfraai," sê 'n DBV-woordvoerder.
"As jy kan, bring asseblief donasies, kos en komberse vir ons diere."
Vir verdere inligting kan die DBV (044 693 0824) gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'