MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie doen 'n beroep op inwoners om hulle as reserviste by die polisie aan te sluit.
Die polisiestasie se kommunikasiebeampte, sers Kapp, sê enige persoon bo 18 jaar oud, wat 'n geldige identiteitsdokument het en wat matriek geslaag het, is welkom om aansoek te doen.
"Verkieslik moet die aansoeker ten minste twee van die amptelike tale van die Wes-Kaap magtig wees, en natuurlik moet die persoon nie oor 'n misdaadgeskiedenis beskik nie," aldus sers Kapp. Die polisie is toenemend afhanklik van die publiek se hulp in die bekamping van misdaad. Reserviste speel 'n baie belangrike rol in die stryd om misdadigheid hok te slaan.
Enige belangstellende is welkom om sers Kapp (044 606 5600) in kantoorure te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'