MOSSELBAAI NUUS - Die koue in hierdie wintermaande dryf 'n mens om meer kreatief te wees binnenshuis.
Fotograaf Elizabeth Nicholson het op so 'n wintersmiddag besluit om met lig te speel en het vandeesmaand se wenfoto na vele pogings vasgevang.
Sy het besluit om die foto Aquafresh Bubble te noem omdat die kleure haar aan die gelyknamige tandepasta laat dink het.
Hierdie wenfoto van die maand en ander pragfoto's is op uitstalling in die Rauch Gertenbach fotogalery binne die ontvangslokaal van die prokureurskantore in Kerkstraat 10, Mosselbaai.
Alle fotograwe word genooi om die galerybyeenkomste by te woon elke derde Donderdag van die maand.
Rauch Gertenbach prokureurs bied reeds etlike jare hulle ontvangslokaal goedgunstiglik aan as uitstalruimte en vergaderplek vir plaaslike fotograwe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'