MOSSELBAAI NUUS - Saterdag se voorlaaste skietkompetisie vir die jaar het weer 'n verrassing of twee opgelewer.
Die Neill Calitz-skietklub se top man, Nico Venter, en top vrou, Suzette Herrer, het weer eens uitstekende prestasies gelewer maar die verrassings was Gerrit le Roux en Soekie Boshoff.
Beide laasgenoemde skuts het in die mans- en vroue-afdelings elk twee dissiplines gewen.
Die beste prestasies van die dag was Nico en Gerrit wie beide 49/50 in die 9mm-afdeling behaal het asook Chris Boshoff wat met twee eerste plekke, 'n tweede, 'n derde en 'n vyfde plek spog.
Uitslae
10m: 1. Gerrit le Roux; 2. Nico Venter; 3. Ivan Maddison; 4. Soekie Boshoff; 5. Willie Germishuys; 6. Suzette Herrer en Johanna Germishuys; 8. Chris Boshoff; 9. Gert Nel. 10. André le Roux.
20m: 1. Nico Venter en Suzette Herrer; 3. Gerrit le Roux; 4. Chris Boshoff; 5. Willie Germishuys; 6. Ivan Maddison; 7. Gert Nel; 8. André le Roux; 9. Johanna Germishuys; 10. Soekie Boshoff.
Snelvuur 20m: 1. Nico Venter; 2. Chris Boshoff; 3. Willie Germishuys; 4. Ivan Maddison; 5. Suzette Herrer; 6. Gert Nel; 7. Gerrit le Roux; 8. Johanna Germishuys; 9. Soekie Boshoff; 10. André le Roux.
Silhoeët 10-20m: 1. Chris Boshoff; 2. Willie Germishuys; 3. Gerrit le Roux; 4. Ivan Maddison; 5. Suzette Herrer; 6. Nico Venter; 7. Johanna Germishuys; 8. Soekie Boshoff; 9. Gert Nel; 10. André le Roux.
Silhoeët 20m: Chris Boshoff; 2. Nico Venter; 3. Gert Nel; 4. Suzette Herrer; 5. Ivan Maddison; 6. Soekie Boshoff; 7. Willie Germishuys; 8. Gerrit le Roux; 9. André le Roux; 10. Johanna Germishuys.
9mm: 1. Nico Venter en Gerrit le Roux; 3. Willie Germishuys; 4. Gert Nel; 5. André le Roux; 6. Soekie Boshoff; 7. Johanna Germhuys; 8. Suzette Herrer; 9. Chris Boshoff; 10. Ivan Maddison.
Spanne: Die spankompetisie is met 'n groot wentotaal deur Nico Venter en André le Roux gewen. Tweede is Gerrit le Roux en Ivan Maddison; 3de Suzette Herrer en Johanna Germishuys; 4de Willie Germishuys en Soekie Boshoff en 5de Chris Boshoff en Gert Nel.
Klubkampioenskappe
Die klub se klubkampioenskappe vind op Saterdag, 2 Desember op die Pienaar-skietbaan plaas. Die kompetisie begin om 09:00 en alle lede is welkom om deel te neem. Skuts kompeteer op 'n voorgeestelsel.
'n Bring-en-braai en die prysuitdeling sal na afloop van die kampioenskap gehou word. Vir enige navrae kan Neill (072 842 4850) of Suzette (082 478 8090) gekontak word.
Woensdag
Leonard Muller en Suzette het Woensdag gelyk geëindig met 97/100 elk terwyl Samson Tshoto, met sy beste telling ooit, 91/100, vir Eugene Barnard met 'n enkele punt geklop het.
Eugene kry tans chemo-behandeling en almal was baie bly om hom op die baan te kon terug verwelkom.
Beste tellings van die dag was: 1. Suzette Herrer en Leonard Muller; 3. Samson Tshoto; 4. Eugene Barnard; 5. Rob Cumming; 6. Gert Nel; 7. Thomas Phillips; 8. Johan Kemp; 9. Willie Nel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'