MOSSELBAAI NUUS - Het jy oorbodige items in jou huis waarvan jy ontslae wil raak om plek te maak vir nuwes?
ACVV Kenani-dienssentrum beplan om op 'n maandelikse basis 'n witolifantverkoping te hou.
Alle items in en om jou huis waarvoor jy geen nut het nie en waarvan jy al geruime tyd wil ontslae raak, kan jy aan hulle skenk.
Die items gaan nuttig aangewend word. Indien jy met enige items kan help, skakel 044 690 3204 gedurende weeksdae tussen 08:00 en 15:00.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus.'