Daar is talle rolspelers betrokke, insluitend die plaaslike brandweerstasies, die Suid-Kaap Brandbeskermingsvereniging (SKBBV) en vrywilligers.
Min mense weet egter wie en wat die SKBBV is. Die vereniging wat in 2007 gestig is, is 'n Artikel 21 nie-winsgewende maatskappy.
Die grense van die SKBBV is soos volg: Noord - die Swartberge; Oos - die Bloukransrivier; Wes van die Breederivier. Dit beslaan 'n area van ongeveer 2,7 miljoen ha en sluit basies die hele Eden-distriksmunisipaliteit in.
Bestuur
Die SKBBV word bestuur deur 'n uitvoe-rende komitee, wat bestaan uit lede wat verskeie grondgebruikrolspelers verteenwoordig, naamlik landbou, kommersiële bosbou, bewaring, plaaslike, provinsiale en nasionale regering en nutsmaatskappye.
Die geld wat verkry word deur lidmaatskapsfooie en fondsinsamelings word gebruik binne die vereniging en SKBBV is nie verplig om enige finansiële bydrae aan enige staatsinstelling te maak nie. Gelde word jaarliks deur 'n onafhanklike ouditeur geoudit en finansiële state word aan alle lede beskikbaar gestel.
Wat behels die SKBBV?
- Dit is nie 'n brandbestrydingsdiens nie, maar kan bystand bied met groter brande;
- Dit verrig nie die funksies van 'n brandweer nie;
- Ontvang geen inkomste van of betaal enige
- gelde aan 'n munisipaliteit nie;
- Is nie betrokke by enige struktuur of soortgelyke vure nie;
- Lidmaatskap is vrywillig vir privaat grondeienaars en verpligtend vir staatsliggame.
Die primêre doelwitte van die vereniging is om:
a) sy lede en die plaaslike publiek te bemagtig en meer bewus te maak van die risiko's en gevare wat veldbrande inhou;
b) om hulle in staat te stel om pro-aktief op te tree en sodoende risiko's en die kwesbaarheid van 'n eiendom ten opsigte van vure te verminder en
c) om hulle toe te laat om eerste te reageer indien daar wel 'n veldbrand sou ontstaan;
d) om 'n strategie vir geïntegreerde veldbrandbestuur te ontwikkel en dit te implementeer om die risiko van veldbrande te verminder op die mees koste-effektiewe manier moontlik en
e) te verseker dat lede voldoen aan alle wetlike vereistes.
"Sodoende word verseker dat die publiek voorbereid en meer gereed is vir enige gebeurlikheid betreffende vuur. Deur 'n raamwerk te skep waar bewustheid rondom die gevaar van veldbrande beklemtoon en gekommunikeer word, sal daar minder vure ontstaan wat tot gevolg sal hê dat vure minder versprei en makliker onderdruk sal kan word, wat katastrofiese vure aansienlik sal verminder," sê Charl Wade (SKBBV-bestuurder: Wes).
SKBBV se primêre doel is om brandbe-stuurseenhede in prioriteitsareas te vorm soos geïdentifiseer in die geïntegreerde brandbe-skermingsplan. Die vereniging streef daarna om brandbestuurseenhede te vestig in areas
wat volgens risiko geïdentifiseer word en wat deur brandbane omring is, natuurlik of mensgemaak. Sodoende kan vure op die mees ekologies sensitiewe manier beheer word.
Hoe word 'n brandbestuurseenheid gevorm?
- Reëls en 'n bestuurstrategie word vir die brandbestuurseenheid ontwikkel;
- 'n Risiko-analise op gevaar, bates en beskikbare hulpbronne word gedoen;
- 'n Brandbestuurplan word saamgestel. Ruimtelike inligting in terme van brandbane, brand risikovermindering word aan die Eden-risikodepartement verskaf wat dit dan vaslê op hul databasis;
- Brandbestrydingspanne word gewerf, opgelei en die noodsaaklike toerusting word voorsien;
- Bewusmaking en opleiding aan inwoners in terme van onder andere brandstoflading vermindering (insluitende indringer plantbeheer);
- 'Vuurontsnapping' en 'Vuur Baas'-opleiding;
- Identifisering van veilige toegang en ontsnappingsroetes.
Lede bespaar op kostes. Toerusting word gedeel deur lede van die brandbeskermingseenheid en lede hoef dus nie elk hul eie toerusting te koop nie.
Deur hulpbronne te deel/saam te voeg is die eenheid beter toegerus en kan brande meer doeltreffend bestuur word. Brandbane kan geplaas word soos ooreengekom tussen grond-eienaars en is nie nodig op kadastrale grense van elke eiendom nie. Daar kan ook aansoek gedoen word vir 'n vrystelling van brandbane deur lede van die brandbestuurseenheid wat meer praktiese, bruikbare brandbane tot gevolg sal hê.
Minder brandbane beteken minder erosie en die versteuring van die natuurlike veld en woude.
Daar is beter bewusmaking en bestuur van sosiale, omgewings- en ekonomiese risiko's, beter koördinasie in die geval waar 'n brand wel ontstaan het en vermindering in vuurrisiko's byvoorbeeld deur 'n vermindering in die brandstoflading; opstel van brandbe-stuurplanne vir brandbestuureenhede word gedoen; lede is outomaties geaffilieer met die Wes-Kaapse Sambreel BBU wat met die nasionale en plaaslike regering asook nuts-maatskappye onderhandel en saamwerk; bystand word verleen deur opgeleide brandbestrydingspanne en bestuur in gevalle van uiterste brandtoestande; opleiding van nuwe lede in basiese brandbestryding; addisionele opleiding kan gereël word teen 'n bekostigbare lae prys; bewusmakingsveldtogte word onderneem, wat 'n webwerf insluit.
Charl Wade - 079 485 5320 / www.scfpa.co.za