MOSSELBAAI NUUS - Plaaslike fotograwe Henlo en Jacolene van den Berg was Saterdagoggend met 'n fotosessie op Santosstrand besig toe hulle 'n "snaakse ding" in die water gewaar.
Jacolene sê hulle het eers nie baie daarvan gedink nie, maar haar man het nogtans foto's geneem.
Sy vertel met hulle aankoms tuis, het hulle familielede daarvan vertel en saam bietjie navorsing gedoen. Volgens hul bevindinge was dit die skaars sneesvis (oarfish).
Mossel Bay Advertiser het met Estian van Rensburg by Harten Hengel Outdoor gesels om bietjie meer oor dié spesie uit te vind.
Hy stem saam met die Van den Bergs oor die spesie.
"Dit is inderdaad 'n oarfish of sneesvis. Dis baie raar dat mens hulle sien, want hulle bly in diep water van 100m tot 500m.
Volgens die Van den Bergs en Van Rensburg is dié 'n sneesvis op Santosstrand.
Volgens die Van den Bergs en Van Rensburg is dié 'n sneesvis op Santosstrand.
"Partykeer spoel hulle kant toe as gevolg van sterk strome of storms wat diepsee gebeur.
"Hulle kom ook kant toe as hulle siek is en besig is om dood te gaan. Hulle kan ook nie lewe in rowwe water en branders nie."
Die Advertiser het ook navrae gerig aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’