Update
MOSSELBAAI NUUS - Een van die drie hoërskoolseuns van Mosselbaai wat van die verkragting van 'n 18-jarige skoolmeisie verdink word, het ingestem om staatsgetuie te word.
Die ander twee seuns staar 'n aanklag van verkragting in die gesig.
Die voorval het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur nadat dit bekend geword het dat die seuns op Saterdag, 16 November by 'n huispartytjie op Mosselbaai beurte gemaak het om die slagoffer te verkrag.
Sy was, na wat verneem word, onder die invloed van alkohol en was nie by haar bewussyn tydens die verkragting nie. Die seuns het die gebeure met 'n selfoon afgeneem en die video onder mede-leerders versprei.
Volgens polisiewoordvoerder, sers Kapp het die slagoffer wakker geword en gesien dat sy kaal is. Die seuns se gesigte is glo ook duidelik sigbaar in die video.
Die leerders is almal verbonde aan dieselfde skool en is nie weens die beweerde misdryf geskors nie, omdat hulle eksamen geskryf het.
Die twee verdagtes verskyn op 12 Januarie in die Mosselbaai-landdroshof.
Lees vorige artikels:
- Tweede verdagte vas na verkragtingvideo
- Video van verkragting skok
- Seun in hof na verkragting op video vasgelê is
- Opvolg: Seuns (18) verkrag glo medeleerder
- Hoërskoolseuns verkrag glo meisie (18) op video
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'