Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Sewentienjarige seun sal vandag in die Mosselbaai Landdroshof verskyn nadat hy na bewering saam met twee ander seuns ‘n mede-leerder verkrag het terwyl hulle glo 'n video daarvan gemaak het.
Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het gisteraand die verdagte op Mosselbaai in hegtenis geneem.
Die ander twee verdagtes is nog nie gearresteer nie.
Die saak spruit uit ‘n voorval by ‘n huispartytjie Saterdagaand op Mosselbaai waar die drie verdagtes ‘n graad 11 meisie verkrag het nadat sy glo alkohol gedrink het en aan die slaap geraak het.
Die slagoffer het na die voorval wakker geword en gesien dat sy kaal is. ‘n Vriendin het vir haar vertel dat die verdagtes ‘n video van die voorval gemaak het en dit onder medeleerders versprei het.
Die polisie is in besit van die video en ondersoek ‘n saak van verkragting.
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het die voorval bevestig.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'