MOSSELBAAI NUUS - "Moenie voel jul lewens is verby en al wat oorbly is die dood nie. Elkeen van julle het merkwaardige dinge in jul lewens gedoen en dit regverdig stories om die jonger geslag te help om op hul toekoms te fokus," het Deon Lensing, Mnr SA 2022- finalis verlede Vrydag tydens 'n Vadersdagviering by Kenani-dienssentrum gesê.
Deon was die gasspreker en het behoorlik die seniors laat diep dink oor wat hulle al alles vermag het. "Julle is ons rolmodelle en ons moet van julle en jul ervarings leer.
Moet nooit skaam wees om te praat oor wat julle vermag het nie. Dit is deel van die fondament waarop ons jonger geslag moet bou," het hy bygevoeg.
Die vroue in die gehoor het hul oë gefees aan die aantreklike jongman en hulle het omtrent gewedywer om saam met hom afgeneem te word.
Hartenbos Seefront se bestuur het vir elkeen van die manne 'n pakkie biltong as Vadersdaggeskenk oorhandig en die manne was vol kwinkslae oor biltong en al die stories wat hulle kan vertel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'