MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Sao Bras op Mosselbaai se seuns het onlangs hul swembroeke vir ’n naweek in die Oos-Kaap ingepak.
Quewin Pieterse, Jordan Kannemeyer, Kyle Dickson, Trenesh Agulhas en Jowin Meyer het van 26 April tot 1 Mei aan die 2025 DHL Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensreddingskampioenskappe by Kings Beach en die Newton Park-swembad in Gqeberha deelgeneem.
Quewin (gr. 11) het ’n nasionale kampioen geword toe hy ’n goue medalje vir die o. 17-vlagkategorie behaal het. Hy is ook met ’n bronsmedalje vir die o. 17-strandnaellope huis toe.
Kyle (gr. 11) was nie ver agter nie; hy het ’n silwermedalje van sy eie in die kompetisie gewen.
Quewin en Jordan se spanpoging is in die o. 17-afloskategorie op die proef gestel, en hulle is sesde geplaas.
Albei gr. 11-seuns het ’n bronsmedalje by hul groeiende versameling gevoeg.
Trenesh en Jowin, albei gr. 8, het bronsmedaljes in die o. 14-aflos ontvang.
Hierdié kampioenskappe bring die beste lewensredders van regoor die land bymekaar om ’n ogie oor die prosedures te hou wanneer dit by waterveiligheid kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’