MOSSELBAAI NUUS - Die roudiens van Rikus Raath (21) ‘n Mosselbaaier, wat op 5 Junie om 17:00 by die verkeerslig op Louis Fourieweg naby The Lofts met ‘n skerp voorwerp doodgesteek is, vind op Sondag, 20 Junie plaas.
Die diens word by die Durbanville-bergsig gemeente in Kaapstad gehou. Rikus se ma, Carin woon daar.
Die roudiens sal per lewendige uitsending aangebied word, gegewe die nuutste Covid-19 maatreëls.
Intussen verskyn die twee verdagtes, Khaya Makalima (18) en Masimilelo Tshangayi (23) op 21 Junie in die Mosselbaai-landdroshof wanneer hulle formeel om borgtog sal aansoek doen.
Vorige artikels:
- 2 In hof na moord op Rikus Raath (21)
- Louis Fourie: Pad van dood
- Another suspect arrested
- Man in hegtenis na moord by verkeerslig
- Man (21) stabbed to death near Dias beach
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'