Update
MOSSELBAAI NUUS - Die twee mans wat in verband met die moord op Rikus Raath (21) in hegtenis geneem is nadat hy by 'n verkeerslig op Louis Fourieweg by Diasstrand met 'n skerp voorwerp doodgesteek is, het gister, op Vrydag 11 Junie in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord.
Die twee verdagtes, Khaya Makalima (18) en Masimilelo Tshangayi (23) bly in aanhouding tot 21 Junie wanneer hulle formeel om borgtog sal aansoek doen.
LEES HIER: Louis Fourie: Pad van dood
Raath is op Saterdag, 5 Junie om 17:00 by die verkeerslig op Louis Fourieweg naby The Lofts met ‘n skerp voorwerp doodgesteek nadat hy melk by die Total vulstasie gekoop het.
Vorige artikels:
- Louis Fourie: Pad van dood
- Another suspect arrested
- Man in hegtenis na moord by verkeerslig
- Man (21) stabbed to death near Dias beach
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'