MOSSELBAAI NUUS - Liyema Kika is Groot Brak Sekondêr se trots met haar prestasie van vyf onderskeidings.
Die jong vrou is sterk op pad na of Potchefstroom se Noordwes Universiteit om BCom Geoktrooieerde Rekenmeesterskap te gaan studeer of Nelson Mandela-Universiteit vir BCom Rekeningkunde.
Die een ding wat haar deur haar matriek-jaar gemotiveer het, is die feit dat sy haar ouers wou trots maak. "Ek het geweet dat ek na skool wou universiteit toe gaan."
Wanneer sy nie voor die boeke is nie, luister sy graag na musiek, ontspan en spandeer tyd saam met haar familie. Sy lees ook soms.
"Ek sal sê my betrokkenheid by die VRL en by die JTC het vir my uitgestaan gedurende my hoërskool loopbaan, want dit het my uit my gemaksone gedwing."
Maar, nou lê daar 'n hele nuwe loopbaan vir haar voor.
"Ek sien die meeste daarna uit om 'n eerstejaar-student te wees en iets heeltemal nuut te ervaar. Ek sien uit om na 'n nuwe dorp en 'n nuwe provinsie te gaan. En ek sien uit om te leer om onafhanklik te wees."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’