Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Hoërskool Punt het met die aanvang van die laaste kwartaal mnr Adolf Gouws as nuwe skoolhoof verwelkom.
Hoewel mnr Gouws in Kempton Park gebore is, het hy in George grootgeword. Hy het sy studies in Potchefstroom aan die PUK voltooi en in 1990 sy eerste pos aan die Hoërskool Brits as geskiedenis- en Afrikaans-onderwyser aanvaar. Hy het deur die departementele posvlakke gevorder en, na 25 jaar as adjunkhoof, besluit dis tyd vir verandering.
In 2014 het hy as hoof by Hoërskool Cradock aangemeld waar hy tot onlangs was.
Adolf is getroud met Marentia, 'n tuisteskepper wat ingespan gaan word as spysenier, haar eintlike beroep. Hy is lief vir die buitelewe en veral kunsaashengel en avontuursportsoorte.
Sy visie vir Hoërskool Punt is om goeie tradisies te laat voortleef en die skool se funksionaliteit verder te uit te bou. Sodoende wil hy aan elke leerder die geleentheid bied om optimaal te ontwikkel binne 'n gesonde en gedissiplineerde stelsel.
Hy glo dat akademie die sterkste pilaar in opvoeding is en dat daarop gefokus moet word.
Hy wil ook 'n goeie verhouding met die leerders, ouers, die sakegemeenskap en gemeenskap bou en behou.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'