MOSSELBAAI NUUS - Twee leerders van Hoërskool Punt, Henco Swanepoel en Elfreyden Hermanus het onlangs tydens 'n sportbyeenkoms in Bredasdorp op Saterdag, 29 Oktober die skool se naam hoog gehou.
Henco het by drie agtereenvolgende byeenkomste 'n 1ste plek behaal en het boonop ook die rekord gebreek by elke byeenkoms in hamergooi vir seuns o/14.
Elfreyden het Saterdag 'n 1ste plek in verspring en hoogspring vir seuns o/17 behaal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'