Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Vyf-en-twintigjarige man van Mosselbaai, wat met kinderpornografie betrap is, sal vandag in die Mosselbaai-landdroshof hoor of borgtog aan hom toegestaan word.
Die verdagte is in aanhouding sedert sy in hegtenisname by sy huis in Da Nova op 2 Februarie.
Meer as 48 eksplisiete foto's van kinderpornografie, wat meestal dade met kleutermeisies wys, is op sy selfoon gevind en nog toestelle is is deur die polisie gekonfiskeer.
Die staat staan borgtog teen weens die erns van die misdrywe.
Die verdagte se prokureur voer aan dat borgtog aan hom toegestaan moet word en dat die hof streng voorwaardes in plek kan stel.
Vorige artikels:
- 'Alles kan deesdae aanlyn bestel en afgelewer word, kinders insluitend'
- Kinderpornografie 'uitsonderlik grusaam'
- 1,2 miljoen foto's op kinderporno verdagte se toestelle moet nagegaan word
- Kinderpornografie: 2 aparte sake in die hof
- Kinderporno-verdagte staar reeds 44 aanklagte in die gesig
- Mosselbaaier vas in Internasionale Kinderporno-ondersoek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’