MOSSELBAAI NUUS - Beide die Da Gamaskop- en KwaNonqaba-polisiestasies was verlede week gesluit nadat lede positief getoets het vir Covid-19.
Albei polisiestasies se kantore is ontsmet om verdere verspreiding van die virus te voorkom. Die proses het op Woensdag, 3 Junie plaasgevind.
Administratiewe personeel is gevolglik in selfkwarantyn vir sewe dae geplaas. Hulle is ook getoets vir die virus. 'n Tydelike aanmeldingspunt is verlede week gevestig by die kantore van Kindersorg in Mosselstraat, asook oorkant die KwaNonqaba-polisiestasie by die KwaNonqaba-gemeenskapsaal.
Kommunikasiebeampte van die Da Gamaskop-polisiestasie, kaptein Wollie Fourie het bevestig dat beide kantore weer oop is. "Da Gamaskop het Saterdag, 6 Junie weer oopgemaak en KwaNonqaba-polisiestasie is ook weer oop."
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'