MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-gemeenskapspolisieforum hou op 12 November hulle algemene jaarvergadering om 18:30 in die Portao Diaz Hotel se konferensielokaal.
Belangstellendes en nie-winsgewende organisasies word versoek om kennis te neem dat geloofsbriewe voltooi en ingehandig moet word, sewe dae voor die verkiesing 'n aanvang neem.
'n Nuwe bestuur word verkies wat vir die volgende vyf jaar aan die stuur van sake sal wees.
Vir enige navrae, kan die volgende persone gekontak word: die voorsitter, Linden Baker (079 036 7130); die ondervoorsitter, Philip Mattheus (082 378 8277) of sers Johnathan Jansen (082 821 0538).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'