MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-polisie soek na twee mans wat vanoggend ‘n vrou se bankkaart gesteel het by die Nedbank OTM in die dorp.
Alle inwoners en vakansiegangers word gewaarsku om versigtig wees wanneer hulle geld trek.
Twee ure daarna het hulle probeer geld trek by die Spar. Gelukkig het die vrou toe reeds die kaart gestop.
Wees op die uitkyk vir ‘n fris geboude swartman met ‘n swart t-hemp en vaal broek en ‘n oorgewig bruinman. Albei lyk of hulle tussen die ouderdom van 30 en 35 kan wees.
Hulle kom netjies en behulpsaam voor. Indien hulle gewaar word kontak die Mosselbaai-polisie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'