GROOT-BRAK NUUS - Daar was onlangs verskeie voorvalle van bedrog by OTM-masjiene by die Groot-Brakrivier-polisiestasie aangemeld.
Kommunikasiebeampte, sers Laurianne Botha gee die volgende wenke om meer voorkomend op te tree:
- Wees bedag op verdagte persone wanneer jy geld trek.
- Rapporteer verdagte persone en let op na die beskrywing van die persoon/persone, byvoorbeeld hul voorkoms, kleredrag, lengte, taalgebruik, voertuig betrokke en registrasienommer.
- Tydens ontrekkings, hou jou pin-kode met jou hand toe terwyl jy dit insleutel.
- Rapporteer enige ontrekkings uit jou rekening wat nie deur jouself onttrek is nie.
- Gaan jou bankstate gereeld na. Indien jy onraad vermoed, gaan trek eerder geld by 'n ander OTM.
- Moet geen hulp of raad aanvaar van vreemdelinge tydens jou besoek aan 'n OTM nie.
Rapporteer alle gevalle onmiddelik aan jou naaste polisiestasie.
Kontak die Groot-Brakrivier-polisiestasie by 044 620 2206.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brak, Tuinroete nuus'