MOSSELBAAI NUUS - Die twee mans wat in verband met die moord op Rikus Raath (21) in hegtenis geneem is, bly in aanhouding tot Maandag, 21 Junie wanneer hulle formeel om borgtog sal aansoek doen.
Raath is op Saterdag, 5 Junie om 17:00 by die verkeerslig op Louis Fourieweg naby The Lofts met 'n skerp voorwerp doodgesteek nadat hy melk by die Total-vulstasie gekoop het.
Die twee verdagtes, Khaya Makalima (18) en Masimilelo Tshangayi (23) is enkele dae na die voorval deur die polisie in hegtenis geneem.
Die moord word deur die Da Gamaskop-polisie ondersoek. Beide verdagtes is in die omgewing van JCC-kamp in hegtenis geneem. Intussen het lede van die gemeenskap 'n petisie opgestel waarin hulle aandring dat borgtog nie aan die verdagtes toegestaan word nie.
Vorige artikels:
- Roudiens vir Rikus
- 2 In hof na moord op Rikus Raath (21)
- Louis Fourie: Pad van dood
- Another suspect arrested
- Man in hegtenis na moord by verkeerslig
- Man (21) stabbed to death near Dias beach
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'